Paul
Roux Sandsteenfees beloof om groter en beter te wees as ooit. Ons
het die fees 'n maand vroeër geskuif om die groot reën te mis en beloof
'n stampvol program om 'n ieder en elk in die familie besig te hou.
Program:20
Junie 2008 - 'n Skuurdans word aangebied op die plaas Record teen R10
per persoon, ons verskaf die musiek, pap, vuur en sout...
30 Julie 2008 - "Black Tie" Brandewyn en Jazz Gala aand in samewerking met
KWV en ABSA teen R2000 per tafel.
16 Augustus 2008 - 'n Dans vir almal. Meer besonderhede nader aan die tyd.
12 - 13 September 2008:Die
sandsteentent lewer demonstrasies van sandsteenprodukte en uitstallers, sowel as
'n
sandsteen kuns- en foto-uitstalling van die kontrei. Praatjies oor
Dinosourusse en 'n uitstappie na die Dinosourusspore op die plaas Uniondale begin van hier af.Vanjaar, op die
sandsteenverhoog, bied Volksblad die
wennners van die Spontaan
kompetisie van 2008 aan as
kunstenaars. Langs die verhoog is die biertuin en 25
kosstalletjies waar jy die voete kan laat rus, die dors en die honger
kan les.
'n Fotokompetisie met
sandsteen as tema, word aangebied in samewerking met Igno van Niekerk
(Sandsteenpraatjies Vrystaat koerant). Sluitingsdatum is 05
September 2008 en inskrywingsfooi is R25 per foto. Geen beperking
op aantal fotos word geplaas nie. Inskrywings sal later op die
Volksblad koerant se webwef vertoon word by www.volksblad.com. Laai
inskrywingsvorm hier af (
Word dokument - 175kb).